Kaalgat Karel

Kyk na die Lokprent hierhttps://www.youtube.com/watch?v=8_hGAiPX5GI

Die wag is uiteindelik verby! Boondogle Films se langverwagte kaalnael-komedie, KAALGAT KAREL, is vanaf hierdie Vrydag (24 September) in plaaslike bioskope te sien en kaartjies is nou beskikbaar!  Boondogle Films Cape Town – Provoking, informing and challenging perceptions of the African continent.

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom deur op die volgende skakels te klik:

Ster-Kinekor-besprekings: https://www.sterkinekor.com/details/HO00002123/kaalgat-karel

NuMetro-besprekingshttps://numetro.co.za/movie/5757/

KAALGAT KAREL vertel die storie van Karel Venter (Francois Jacobs), ’n dertigjarige kaalnaeler, wat die opwinding en aandag wat hy by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus en enkelma, Rita (Christia Visser) wat hom behandel nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar dit is duidelik dat sy glad nie belangstel in sy bedrywighede nie. 

Hierdie skreeusnaakse Afrikaanse rolprent, met Engelse onderskrifte, het reeds wêreldwyd presteer en toekennings by verskeie internasionale rolprent feeste ingepalm, waaronder Beste SpeelfilmBeste Romantiese KomedieBeste Vervaardigde Rolprent draaiboek en Beste Internasionale Produksie.

“Dit was baie frustrerend om KAALGAT KAREL se vrystelling twee keer uit te stel. Meer die tydsberekening is nou perfek,” sê regisseur Meg Rickards, wat die film geskryf en vervaardig het saam met haar man, Paul Egan. Ons dink ’n prettige fliek is net wat almal nodig het na die hartseer en verlies van die afgelope agtien maande en is opgewonde om dit met Suid-Afrikaners te deel.”

Buiten vir die opgewekte tema lied, Altyd Op Vakansie, deur Jack Parow en Loki Rothman, spog die fliek ook met ’n ster belaaide rolverdeling, waaronder Siv NgesiTracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen, Eden Classens en die gewilde komediant, Schalk Bezuidenhout.

KAALGAT KAREL is die perfekte manier om Erfenis naweek mee af te skop. Moet dit nie misloop nie! 

Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die –Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.

Vervaardig in samewerking met KykNET

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebookhttps://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel

Twitter: @kaalgatkarel

Hutsmerk: #KaalgatKarelFilm

Met trots aangebied deur:

GALLERY:

Hoofrolle:

Francois Jacobs

Christia Visser

Schalk Bezuidenhout

Siv Ngesi

Tracey-Lee Oliver

Eden Classens

Rosebelle Clasen

Vervaardigers:

Meg Rickards

Paul Egan

Uitvoerende Vervaardiger:

Kim Williams

Uitvoerende Vervaardigers vir kykNET:

Jan du Plessis

Karen Meiring

Kaye Ann Williams

Nicola van Niekerk

Wikus du Toit

Ander Uitvoerende Vervaardigers:

Thabo Shenxane

Rowan Govender

Phumeza Skoti

Peter Harvey

Elen Manganadelis

Hoof van ontwikkeling by Boondogle Films en draaiboekredigeerder:

Mustapha Hendricks

Draaiboek:

Meg Rickards en Paul Egan

Regisseur:

Meg Rickards

Kinematografie:

Bert Haitsma

Redigeerder:

Eva du Preez

Produksieontwerp:

Bathoni Robinson

Produksiebestuurder:

Tim Shaw

Lynvervaardiger:

Anna Walton

Rolverdelingsregisseur:

Christa Shamberger

Draaiboekbestuurder:

Marie van Wyk

Hare- en grimering:

Louiza Calore

Kostuumontwerp:

Mankoe Ngamlana

Klankvervaardiger:

Johnny Claassen

Klankbaan:

Loki Rothman

Klankontwerp:

Barry Donnelly

Toertjie-koördoneerder:

Anthony Moon

FRANCOIS JACOBS EN CHRISTIA VISSER

KAALGAT KAREL

’N ROLPRENT DEUR MEG RICKARDS EN PAUL EGAN

MEG RICKARDS
PAUL EGAN
  1. VERKORTE STORIELYN

’n Komiese kaalnaeler, wat graag die hart van ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wil wen, moet ’n manier kry om sy siel – eerder as sy kaal agterstewe – vir die wêreld te wys.

  • OPSOMMING   

KAREL VENTER is ’n dertigjarige ou. Hy woon saam met sy vriend, FLIP, en is verslaaf aan die opwinding en aandag wat hy kry wanneer hy kaalnael by sportbyeenkomste.

Na ’n rampspoedige kaalnaelpoging by ’n gholftoernooi, word hy vasgepen op die palisade-omheining wanneer hy weghardloop vir die polisie. Eina!

’n Aantreklik paramedikus, RITA SWART, kom tot sy redding en Karel raak halsoorkop verlief.

Die probleem is dat Rita ’n ernstige en pligsgetroue enkelma is, wat geensins daarin belangstel om ’n verhouding met ’n kaalnaeler aan te knoop nie.

Gaan Karel dit regkry om sy verslawing te oorkom en om Rita weg te steel van die aantreklike enkellopende plastiese chirurg, JEAN-PIERRE DU TOIT?

Of gaan Karel sy reputasie probeer herstel deur ’n plan te beraam om sy aardsvyand en mede-kaalnaeler, VUYO TSHABALALA, uit te oorlê?

KAALGAT KAREL is ’n pragtige, komiese liefdesverhaal wat aanklank sal vind by alle ouderdomme.

  • KARAKTERS & ROLVERDELING

Karel (Francois Jacobs)

Karel Venter (30)is verslaaf aan die opwinding en aandag wat hy kry wanneer hy kaalnael by sportbyeenkomste. Sy enkellopende ma is dood toe hy agt was en sy grootouers het hom grootgemaak. Toe hy ’n tiener was, is hulle oorlede en het vir hom ’n huis gelos aan die buitewyke van Oos-Londen. Op skool was hy baie in die moeilikheid en het hy die rol aangeneem van die klasnar. Na skool, het hy Landbou gaan studeer. Hy verkoop bulsemen vir ’n lewe en geniet dit om aangrensende plase te besoek om koeie te insemineer. Sy vrye tyd spandeer hy saam met sy vriend, Flip, en saam beraam hulle skreeusnaakse kaalnael-eskepades. Karel hunker na die adrenalien en aanlyn-bevrediging wat hy hieruit kry, totdat hy verlief raak op Rita…

Francois Jacobs is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse akteur, televisieaanbieder en die mede-eienaar van die produksiemaatskappy, Rubberarm Produksies. 

Hy speel ook die hoofrol in die romantiese komedie, KAALGAT KAREL, wat in Februarie 2021 in plaaslike bioskope begin draai.

Oor die afgelope paar jaar was hy in verskeie rolprente te sien, waaronder Pad na jou Hart, Hollywood in my Huis, Agent 2 000, Ek Joke Net, Chemo Club, Kanarie, Wonderlus en die lokettreffer – Vir die Voëls – waarin hy die manlike hoofrol vertolk, sepies soos Donkerland (Klein Piet), Binnelanders en 7de Laan (Henk Stander); die reekse Spoorloos, Tydelik Terminaal en Swartwater asook die internasionale reekse Madiba en Rivonia; en toneelstukke soos People Are Living There deur André Odendaal, ’n Seder val in Waterkloof, Nag van Legio & Frats deur Albert Maritz, Waterpas deur Christiaan Olwagen, en Cincinnati wat by die Market-teater opgevoer is.

Wanneer hy nie toneelspeel nie, werk hy ook as televisieaanbieder (Fiësta), regisseur en vervaardiger. Hy was in 2019 vir die eerste keer vervaardiger en mede-regisseur van ’n verhoogproduksie, Betroudag, by die Innibos Kunstefees en het ook in Januarie 2020 die geleentheid gehad om, onder leiding van Mncendici Shabangu, die regie van Brothers by die Market-teater te behartig.

Saam met Adriaan van As, besit hy Rubberarm Produksies, die produksiemaatskappy wat verantwoordelik was vir die 2013 kykNET Silwerskerm-kortfilm, Die Damduikers, en verskeie televisie-advertensies.

Francois is benoem as Beste Opkomende Akteur by die 2015 Fiësta-toekennings en het ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Akteur gewen in 2017. Hy het BA Drama studeer by die Universiteit van Stellenbosch.

Rita (Christia Visser)

Rita Swart (25) is van die oomblik af wat sy hom van sy mislukte kaalnaelsessie red, die meisie van Karel se drome. Rita is ’n tipiese A-persoonlikheid: netjies, georganiseerd en ernstig. Die stres daarvan om haar ma te verloor, het gelei tot ’n hele string losgelukkies wat haar swanger gemaak het. Nou neem sy die lewe ernstig op, want die een keer wat sy ligsinnig was het sy onbeplan swanger geraak (al is sy onvoorwaardelik lief vir Bella). Aangesien sy dit nie kon bekostig het om medies te gaan studeer na haar swangerskap nie, het sy ’n paramedikus geword wat haar werk ernstig opneem en haar dogter “reg” grootmaak. Sy kan nie eers onthou wanneer laas sy net ontspan en pret gehad het nie.

Christia Visser – ’n gewilde aktrise, danser, stemkunstenaar en sangeres – is in Kaapstad gebore en het in Swellendam grootgeword. Sy het drie jaar se toneelopleiding gehad by Hoërskool Stellenbosch en het die Kleine Libertas-toneelskoolkompetisie gewen vir die rol van Annemie in Poppespel.

Na skool, het sy verder gaan studeer en ’n diploma in Gevorderde Toneelspel verwerf by Act Cape Town, waar sy baie ondervinding opgedoen het as deel van verskeie studentefilms. Sy het verder ook vir drie jaar klassieke sanglesse by Koba Wicomb geneem en begin dans toe sy agt was.

Die aktrise was te sien op die Maynardville-verhoog in Shakespeare se Cardenio in 2012/13 en op die KKNK- en Aardklop-verhoë in Nicola Hanekom se bekroonde toneelstuk, Land van Skedels, in 2013/14.

Christia is ook ’n bekende gesig op die grootskerm en televisie en het al rolle in verskeie plaaslike en internasionale produksies gehad, waaronder Noughts and Crosses, Superdad, Die Boekklub, Leon van Nierop se bekroonde Ballade vir ’n Enkeling, asook Hollywood in my Huis, wat aan haar die 2014 People’s Choice-toekenning vir Beste Aktrise besorg het. Sy het ook die hoofrol gespeel in die bekroonde rolprent, Tess, waarvoor sy in 2016 die Beste Aktrise-toekenning gewen het by die Durban Internasionale Rolprentfees en Silwerskermfees.

Dié veelsydige ster het in 2019 ’n platekontrak gesluit met Sony Select en twee Bokkie-toekennings gewen vir haar eerste enkelsnit, 17 Shots. Beide 17 Shots en Die Deur het goue verkoopstatus bereik en verskeie plaaslike en internasionale musiekvideotoekennings gewen.  

Flip (Schalk Bezuidenhout)

Flip van Tonder en Karel is al van kleins af tjommies en net hy weer hoe swaar Karel gekry het nadat sy ma dood is. Hy is baie lojaal aan Karel met wie hy ’n Peter Pan-benadering tot die lewe deel. Flip is mal oor hulle kaalnaelsessies, alhoewel hy net daar is vir logistieke en tegniese ondersteuning en dit nooit self doen nie. Hy is baie skaam wanneer dit by vroue kom, maar sy hart smelt dadelik toe Rita se vriendin, Maria, hom uitvra.

Schalk Bezuidenhout – komediant, akteur en lekker persoon (soos hy homself beskryf) – is in Kemptonpark gebore. Soos wat hy van ’n konserwatiewe Afrikaanse larwe ontwikkel het in ’n pragtige dramatiese skoenlapper – met snor en Afro-haarstyl – was dit vir sy ouers duidelik dat hy eendag gaan Drama studeer. Om hom hiermee te help, het hulle hom na skool na die Universiteit van Kaapstad gestuur waar hy dadelik besef het dat die lewe oor meer gaan as kort kortbroeke en rugby. Hy het in 2011 begin opstaankomedie doen.

Op die verhoog is Schalk snaaks en energiek en sy vertonings en humor vind aanklank by ’n wye gehoor. Oor die jare het hy die voorreg gehad om saam met verskeie bekende komediante op te tree by van die land se mees gesogte venues. Sy optrede-hoogtepunte in Johannesburg, Kaapstad en Durban sluit in Live @ Parker’s op Comedy Central met Barry Hilton (2013) en die CT Nando’s -komediefees by die Artscape-operahuis (2012). Hy het ook deel van Blacks Only en Kind & Queens of Comedy van 2013 tot 2019, asook Keeping You in Stitches 2 en 3 en Dr Moosa Prescribes 2014, 2015, 2016 en 2017 (met Riaad Moosa). Schalk het ook op talle geleenthede Riaad Moosa se vertonings geopen.

Daar is ook heelwat ander vertonings op sy kerfstok soos Jive Cape Town Funny Festival (2014), Voorkamerfest (2014), Trevor Noah’s NationWILD-toer (2014, 2015), Trevor Noah se openingsvertoning (2015), sy eie Comedy Central Special (2015), Montreux Comedy Festival in Switzerland (2017), sy internasionale eenmanvertoning, South African White Boy in London and Edinburgh (2017 – 2019), Montreux Comedy Festival in Dubai (2019), verskeie komedieprogramme op M-Net en kykNET, en vele ander suksesvolle eenmanvertonings.

Die akteur en komediant is ook gereeld te sien op die grootskerm en kassie as aanbieder van Die Kliek (2016 – 2018) en Die Ware Naarheid (2018 – ), in die reeks – Hotel (2017 – ), in die hoofrol van die fliek – Kanarie (2018) en in Material 2 (2020).

Schalk was die wenner van die Savanna Nuwelingtoekenning by die Comics Choice-toekennings in 2013, die Intermediêre toekenning by die Comics Choice-toekennings in 2015 en die Kanna-toekenning vir Beste Opkomende Kunstenaar in 2015. Verder is hy benoem vir ’n Deurbraakspel-toekenning by die Comics Choice-toekennings in 2014 en vir die 2016 Fleur du Cap-toekenning as Mees Belowende Student.

Vuyo (Siv Ngesi)

Vuyo Tshabalala is Karel se kaalnael-kompetisie, maar doen dit vir ’n ander rede as sy teenstaander. Hy het aanlynbemarking studeer en sy eie unieke strategie in hierdie veld geskep. Vir hom gaan dit suiwer oor besigheid en hy gebruik dit as ’n platform om sy kliënte se produkte aanlyn te bemark. Hierdie handelsmerke en produkte word op sy kaal bors geadverteer – amper soos ’n beweegbare advertensiebord – en hy gebruik die geld om sy jonger broers en suster finansieel te ondersteen. Hy beskou Karel aanvanklik as kompetisie, maar hulle word later bondgenote.

Die SAFTA-bekroonde ster, Sivuyile ‘Siv’ Ngesi,is een van Suid-Afrika se mees dinamiese vermaaklikheidskunstenaars en sy veelsydigheid het al vir hom baie deure oopgemaak in die plaaslike vermaakbedryf. Hy is ’n gesogte komediant, gewilde televisieaanbieder, uitstaande akteur, goeie seremenoniemeester en talentvolle vervaardiger.

Siv het op die ouderdom van nege begin toneelspeel in die rol van Gavroshin in Les Misérables. Hy het nie net na Asië getoer met hierdie vertoning nie, maar is ook genooi om ’n gedeelte uit die musiekblyspel te sing by Nelson Mandela se verjaardagpartytjie. Sedertdien het sy liefde vir optree hom al regoor die wêreld geneem met rolle in flieks soos World Unseen, Zenon Z3, Albert Schweitzer, Clint Eastwood se Invictus en teenoor Edris Elba in Mandela: Long Walk To Freedom.

Hy het ook ’n baie aanloklike televisiepersoonlikheid en is die aanbieder van programme soos Man Cave, Jou Ma se Chef en Wingin’ It.

As bekroonde komediant, het Siv al by verskeie plaaslike venues opgetree en ook gehore in die Verenigde Arabiese Emirate, VK en VSA beïndruk. Buiten vir sy eie eenmanvertonings, het hy ook al talle ander programme vervaardig. Siv se maatskappy, Our Company, is medevervaardiger van die SABC 3-kookprogram, Jou Ma se Chef en is tans besig om aan verskeie ander projekte te werk. Die akteur is ook altyd besig om bewusmaking te skep vir die probleme wat verskillende plaaslike gemeenskappe ondervind. 

Siv se indrukwekkende CV, sluit verder ook rolle in flieks soos Knuckle City, Bhai’s Café, World Unseen, Zenon Z3, Albert Schweitzer, Invictus, Long Walk to Freedom and Honey 3, en televisieprogramme soos Still Breathing, Sies, Wingin’ it, Tropika Island of Treasure, League of Glory, The Adventures of Sinbad, Double Shift, Interrogation Room en 24, in.

As gevolg van sy suksesvolle loopbaan, het Siv al twee SAFTA-toekennings en drie benoemings ontvang. Hy is ook aangewys as die Mail and Guardian se Mees Invloedryke Jong Suid-Afrikaner, ’n finalis in Strictly Come Dancing (2014), GQ se Stylvolste Man en een van IMDB se Top 10 Beste Suid-Afrikaanse Akteurs Oorsee, Beste Akteur (2001 – 2004). Verder het hy ook toekennings ontvang vir Beste Kletsrymvertoning en Beste Komedievertoning by die Nasionale Kunstefees in 2010, asook die Golden Ovation-toekenning by die Nasionale Kunstefees in 2010. Hy was ook al deel van Cosmopolitan se Aantreklikste Man-kalender.

Bella (Rosebelle Clasen)

Bella is Rita se sesjarige dogtertjie – slim, bekkig en gehoorsaam. Bella wil graag haar ma se goedkeuring hê en sukkel soms om dit te kry, want haar ma is kwaai en wil nie hê dat haar dogter dieselfde foute moet maak as sy nie. Omdat sy nie weet wie haar pa is nie, smag sy na ’n vaderfiguur in haar lewe. Alhoewel sy aanvanklik skepties is oor Karel, wen hy gou haar hart en vorm hulle ’n sterk band.  

Rosebelle Clasen is in 2013 gebore en, as dogter van Neels en Eloise Clasen, is die kuns om mense te vermaak letterlik in haar bloed. Dit was uit die staanspoot duidelik dat sy graag in haar ouers se voetspore wou volg en dit was daarom geen verrassing toe sy by Eloise se kinderagentskap, Elliebellie, aangesluit het nie. KAALGAT KAREL was haar tweede oudisie. Rosebellewoon tans in Johannesburg.

Maria (Tracey-Lee Oliver)

Maria Jacobs is Rita se mede-paramedikus en haar beste vriendin. Onder haar formidabele en sterk uiterlike, skuil daar ’n warm, goedhartige mens met ’n sagte hart, wat oop is vir die liefde en daarvan hou om te lag. Sy vertel gereeld vir Rita dat sy te ernstig is en is die tipe vriendin wat elke vrou wil hê: lojaal, simpatiek en hope pret. Maria is die perfekte persoon om vir Flip uit sy dop uit te trek en hulle hou dadelik van mekaar.

Tracey-Lee Oliver is ’n veelsydige sangeres, komediant, aktrise en stemkunstenaar. Sy kom oorspronklik van ’n klein dorpie in die Kaap, maar het Johannesburg toe getrek omdat sy graag ’n sanger wou word.

Sy het al aan verskeie talentkompetisies deelgeneem, insluitend Project Fame (M-Net), Afrikaanse Idols (kykNET), een The Voice (M-Net). Project Fame was die eerste amptelike tree op Tracey-Lee se pad in die vermaakbedryf.

Dié donkerkop het opslae gemaak in haar rol as Deena Jones in Dreamgirls en het puik vertonings gelewer in produksies soos Motown en Knights of Music by Gold Reef City. Verder het sy ook teenoor David Kau en Joey Rasdien gespeel in die fliek, Blitz Patrollie (2013), en was sy te sien in die realiteitsreeks, SugarRushed.

In 2014 het sy aangesluit by Goliath and Goliath en ’n besonderse musiekelement gevoeg tot die Kings and Queens of Comedy-toer. Sy was ook in 2016 een van die hoofrolle in die Supreme Divas by die Joburg-teater.

Tracey-Lee het in 2012 ’n Naledi-benoeming ontvang vir haar hoofrol asDeena Jones in Dreamgirls, asook ’n Naledi-nominasie vir haar hoofrol in Knights of Music in 2010. Die sangsensasie se CV sluit ook verskeie komedie-vertonings, advertensies en korporatiewe funksies in.

Dr. Jean-Pierre du Toit (Eden Classens)

Jean-Pierre du Toit kom uit ’n ryk familie en is trots op sy Hugenote Wynplaas-familie en sy erfenis. Hy is baie fiks, mooi gebou en ’n talentvolle plastiese chirurg wat by dieselfde hospitaal as Rita werk. Hy raak verlief op haar, maar is baie voorkomsbehep en narsisties. Hy glo vas dat hy die wêreld ’n beter plek kan maak deur vroue te laat beter voel oor hulle self met ’n paar veranderinge aan hulle voorkoms. Rita is aanvanklik aangetrokke tot sy standvastige, volwasse eienskappe, maar besef dan dat hulle verhouding nie “eg” is nie.

Die Suid-Afrikaanse akteur en model, Eden Classens, is bekend vir sy rol as Justin Potgieter in die Afrikaanse sepie, Suidooster. Hy was ook ’n finalis in die eerste seisoen van Dancing with the Stars South Africa.

Eden werk al vir ’n geruime tyd in die plaaslike rolprentbedryf en sal in 2021 te sien wees in die Netflix-rolprent, The Kissing Booth 3.

As model, het hy deelgeneem aan modeweke in New York en Milaan en was hy deel van verskeie plaaslike en internasionale advertensieveldtogte. Eden is ook mede-eienaar van Waagit, ’n Afrikaanse gemeenskapsbeweging wat positiewe stories van bekendes in Suid-Afrika ondersoek. In 2019 was hy ook op die voorblad van Men’s Health SA.

Gasverskynings

Mbulelo Grootboom, Joey Rasdien, Karin van der Laag, Melt Sieberhagen, Kerry Hiles, Zuko Matebese, Valeska Gouws, Lebo Mopeli, Jerome Van Schalkwyk, Charlene Wolmerans, Ursula du Toit en Philile Rwaxa maak almal gasverskynings in die prent.

4.           PRODUKSIESPAN

Regisseur, Mede-vervaardiger en -Draaiboekskrywer – Meg Rickards

Meg Rickards is die skrywer, regisseur en medevervaardiger (saam met Paul Egan) van KAALGAT KAREL. Dit is haar tweede vollengte film. Haar eerste rolprent, Tess, is in 2016 voltooi en gaan oor ’n jong sekswerker se pad na herstel en bevryding van haar skuldgevoelens. Dié film het heelwat toekennings ingepalm, insluitende Beste Suid-Afrikaanse Vollengte Film by die Durban Internasionale Rolprentfees in 2016.

Voor dit was Meg mede-regisseur van die dokumentêr, 1994: The Bloody Miracle, saam met Bert Haitsma. Dit handel oor die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing en is gereeld op eNCA, eTV in Afrika en die Duitse uitsaaidiens, VPRO, uitgesaai. Verder het hierdie projek ook die gehoortoekenning gewen by die Durban Internasionale Rolprentfees in 2014 en die Skrywersgilde-toekenning vir Beste Dokumentêre Draaiboek.

Haar mini-reeks en televisie weergawe van Land of Thirst, waarvan sy die skrywer en regisseur was, is in heelwat tale vertaal en wyd versprei en sy het ook ’n hele paar flieks vir niewinsgewende organisasies en onderwysinstansies gemaak. 

Meg het ’n doktorsgraad in Rolprentstudies van die Universiteit van Kaapstad en het by die Londen Filmskool, met ’n Britse Commonwealth-beurs, studeer. Sy het ook die Skrywer- en Regisseursprogramme by die Binger Film Lab in Amsterdam voltooi.

Oor Kaalgat Karel sê Meg: “Die fliek gaan oor vriendskap, liefde en regte menslike konneksies. Dit iets wat ek glo ons almal na smag na ’n lang tydperk van inperking en sosiale afstand. Dit was so ’n vaal en bedrukte tyd en ek hoop regtig dat ons fliek ’n bietjie komiese verligting vir Suid-Afrikaners gaan bring – net om ons almal te herinner hoe sterk ons regtig is!”

Mede-vervaardiger en -Draaiboekskrywer – Paul Egan

Paul Egan het in 2016 die bekroonde Suid-Afrikaanse rolprent, Tess, vervaardig. Voor dit was hy die vervaardiger van die opspraakwekkende dokumentêr, 1994: The Bloody Miracle, wat handel oor die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing en gereeld op eNCA, eTV in Afrika en die Duitse uitsaaidiens, VPRO, uitgesaai is. 

Paul se kortfilm, Orbis, is gekies vir Hot Docs 2015 en sy bekroonde dokumentêr, Forerunners (regisseur: Simon Wood), wat Suid-Afrika se nuwe swart middelklas ondersoek, is uitgesaai deur Al Jazeera. Dié talentvolle vervaardiger, het sy MBA-kwalifikasie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

Oor KAALGAT KAREL sê Paul: “Die oorspronklike inspirasie vir die storie was ’n kaalnaeler, genaamd Bryan Baenhoff, wat op die veld gehardloop het gedurende ’n groot rugbywedstryd tussen die WP en die Vrystaat. ’n Klomp mense sal dit onthou. Ek kan onthou hoe baie ek gelag het en hoe my vriende vir dae lank nie kon ophou praat oor Bryan nie. Vir my persoonlik, is kaalnael ’n optrede van rebellie en vir ’n oomblik word die kaalnaeler ’n held vir die skare. Maar kaalnael is maar net een klein komponenet van KAALGAT KAREL. Terwyl die film, veral nou, vir ons daaraan herinner dat ons ’n bietjie pret en die vryheid om te lag in ons lewens nodig het, demonstreer dit ook die belangrike rol van menslike konneksies met mekaar. Ek dink mense gaan mal wees daaroor!”

Uitvoerende Vervaardiger – Kim Williams

Nadat hy vir jare die hoof was van besigheid- en regsake by ’n bekende produksiemaatskappy in Kaapstad, het Kim in 2016 vir die eerste keer die geleentheid gekry om die rolprent, Tess, te vervaardig.

In 2019 was hy ook die vervaardiger van Commandos, ’n televisieprogram vir NL Film en Professionals, ’n 10-episode televisiereeks Brendan Fraser en Tom Welling in die hoofrolle.

Hy het ’n LLB- en MBA-graad wat hy aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het.

Kinematografie Bert Haitsma

Bert Haitsma, wat in Nederland gebore is, is ’n kinematograaf met meer as vier-en-twintig-jaar se ondervinding met rolprente, dramareekse, dokumentêre en advertensies. Hy  het onlangs verhuis van Botswana na Addis Abeba in Ethiopië. Bert is ’n vennoot in Boondogle Films in Kaapstad en ’n vervaardigingsvennoot by ABI Films in Gaborone, Botswana. Hy is ook ’n lid van die Nederlandse Vereniging van Kinematograwe (NVK).

Redigeerder – Eva du Preez

Eva du Preez het in die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf begin as ’n draaiboekbestuurder en redigeerder in 2012. Haar loopbaan het afgeskop met die televisiereeks, Die Boland Moorde, wat aan haar ’n SAFTA-benoeming besorg het. 

Sy het haar debuut as regisseur gemaak in 2013 met die multi-bekroonde kortfilm, Toevlug, saam met regisseur Christiaan Olwagen. Daarna het sy betrokke geraak by alle aspekte van die plaaslike televisiebedryf en was verantwoordelik vir die draaiboekbestuur, post-produksie en redigering van Jan Braai, Die Byl, Die Boland Moorde, Die Boekklub, Alles MalanKompleks en Fynskrif.

In 2015 het Eva op rolprente begin fokus en saam met as draaiboekbestuurder gewerk saam met Olwagen op Johnny is Nie Dood Nie. Die eerste rolprent wat sy geredigeer het, was Kanarie in 2016, waarnaPoppie Nongena gevolg het. Hiervoor het sy die toekenning vir Beste Redigeerder gewen in 2018 en 2019.

Ander rolprente waarby sy betrokke was, sluit in Balbesit, Die Seemeeu, Ander Mens, Vergeet My Nie and KAALGAT KAREL. Sy het ook gewerk op kortfilms soos Toevlug, Luister, Grys, Leeftyd van ’n Orgideë, Gebles en Address Unknown.

Produksieontwerp Bathoni Robinson

Bathoni Robinson beskryf haarself as ’n entoesiastiese reisiger van die lewe, wat dit geniet om haarself uit te druk en nuwe dinge te leer. As produksieontwerper, kunsregisseur en stilis, het sy waardering vir die detail en tekstuur in die lewe en gebruik sy dit om deel te raak van die stories wat sy help vertel.  

Bathoni het haar loopbaan begin as kamera-assistent gedurende die Afrikanasiesbeker in Burkina Faso in 1996. Alhoewel sy aanvanklik die fotografie, stilering en kunsregie van advertensies behartig het, het sy gou haar fokus na rolprente verskuif.

Haar projekte is hoofsaaklik in Johannesburg en Kaapstad, maar sy was al bevoorreg genoeg om in tien Afrika-lande te werk. Een van haar grootste hoogtepunte is die ses weke wat sy op die navorsingsboot, The Polar Star, spandeer het om wilde diere in Antarktika te verfilm.

Dié veelsydige kreatiewe siel het al op verskeie fliek- en televisieprojekte gewerk, waaronder Stroomop,Ander Mens, Thys en Trix, Ellen: Die Ellen Pakkies Storie, Vir Die Voëls, ’n Man Soos My Pa, French Toast, Pretville (2013 SAFTA-wenner vir Beste Produksieontwerp), Bloedbroers (2017 SAFTA-wenner vir Beste Produksieontwerp), Modder En Bloed (Wenner – Beste Speelfilm, Sedona-rolprentfees) en Fluiters (verskeie nominasies).

Haar lys advertensieveldtogte is net so indrukwekkend en sluit kliënte in soos Vodacom SA/Mosambiek/Kongo, MTN Marokko/Swaziland, Cell C Kenia/Tanzanië/Wes-Afrika, Samsung, DSTV, M-Net, Steers, Tic Tac, Standard Bank, FNB, Rand Merchant Bank, ABSA, People’s Bank, Telkom, Kulula, Wimpy, Ariel, Toyota Yaris, Aquelle Water, SA-toerisme, Outsurance, OLX, Revlon en Visa Elektron.

Bathoni het in 2009 die Avanti-stileringstoekenning gewen.

Klankbaan – Loki Rothman

Loki Rothman is ’n Suid-Afrikaanse musikant en komponis. Hy het reeds verskeie genres op die kitaar bemeester, het ’n aangrypende stem en skep die pragtigste stories met sy oorspronklike lirieke.  

Loki se loopbaan het amptelik vlam gevat nadat hy in die top ses van die eerste seisoen van SA’s Got Talent geëindig het. Hy het verder ook al die wêreld vol gereis as Jack Parow se kitaarspeler, saam met kunstenaars soos Die Antwoord en Toya Delazy gewerk en besit ook sy eie musiekskool.

Die kunstenaar het in 2015 twee topklas albums uitgereik, wat sy veelsydigheid as musikant perfek ten toon stel – sy debuutalbum, The Way Back, en sy instrumentele DVD, Syndactyly.

Verder is hy ook ’n briljante komponis, wat klankbane geskep het vir verskeie plaaslike rolprente, waaronder Jou Romeo, KAALGAT KAREL en vele meer.

KAALGAT KAREL se temalied, Altyd Op Vakansie, is deur Jack Parow en Loki Rothman geskryf. Dit dra nie net by tot die ontspanne atmosfeer van die storie nie, maar bevat ook al die regte bestanddele vir ’n vakansietreffer wat nog vir jare hierna gewild gaan wees.    

Boondogle Films

Boondogle Films spesialiseer in rolprente wat aanklank vind by Afrika-gehore en miskonsepsies rakende die kontinent aanspreek. Die kernspan werk saam met ’n netwerk van gespesialiseerde vryskutwerkers en fokus daarop om opleidingsgeleenthede aan opkomende rolprentmakers te bied.

Hulle mees onlangse werk sluit in die rolprent, Tess, en die dokumentêr, 1994: The Bloody Miracle.

Tess, waarvan die regie deur Meg Rickards en die produksie deur Paul Egan en Kim Williams behartig is in 2016, is by meer as vyf-en-twintig internasionale rolprentfeeste vertoon en het verskeie toekennings ingepalm by die Durban Internasionale Rolprentfees (Beste Suid-Afrikaanse Rolprent, Beste Redigering, Beste Aktrise) en die kykNET Silwerskermfees (Beste Kinematografie, Beste Redigering, Beste Aktrise).

1994: The Bloody Miracle, met Meg Rickards en Bert Haitsma as regisseurs en Paul Egan as vervaardiger, is nie net op Erfenisdag op ENCA en eTV uitgesaai in 2014 nie, maar was ook die openingsrolprent by die Nobel Peace Laureate Youth Summit en Watch Africa-fees in die VK. Dit het ook ’n Gehoortoekenning gewen by die  Durban Internasionale Rolprentfees en ’n WGSA-toekenning vir Beste Dokumentêre Draaiboek.

5.            MEDIAVRYSTELLING EN SOSIALEMEDIASKAKELS

MEDIAVRYSTELLING

3 AUGUSTUS 2021

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING:

NOG INTERNASIONALE ERKENNING VIR SKREEUSNAAKSE KAALNAEL-KOMEDIE, KAALGAT KAREL

Alhoewel Suid-Afrikaners eers op Erfenisdag 2021 die geleentheid sal kry om Boondogle Films se splinternuwe Afrikaanse romantiese komedie – KAALGAT KAREL – te sien, het dit reeds ’n baie goeie indruk gemaak op internasionale rolprentkenners en -liefhebbers.

Dié briljante fliek, met Francois Jacobs (Donkerland, Vir die Voëls, Pad Na Jou Hart) en Christia Visser (Tess, Ballade vir ’n Enkeling, Hollywood in my Huis) in die hoofrolle, is pas aangewys as Beste Speelfilm en Beste Internasionale Produksie by die Lit Laughs Internasionale-komediefees in Brittanje. 

Hierdie nuutste prestasie volg kort nadat dit ’n Writers Guild of South Africa (WGSA) Muse-toekenning gewen het vir Beste Vervaardigde Rolprentdraaiboek en gekies is as Beste Speelfilm by die Gelos-komediefees in Moskou en Beste Romantiese Komedie by die Poor Life Choices-komediefees in Los Angeles.

“Ons is so opgewonde dat KAALGAT KAREL as Beste Speelfilm aangewys is by verskeie rolprentfeeste in plekke soos Los Angeles, Londen en Moskou. Ons kan nie meer wag om dit op plaaslike bodem te deel nie. In hierdie tydperk van nasionale trauma, hoop ons dat dit kan help om komiese verligting te bring en mense deur humor te verenig,” sê regisseur Meg Rickards, wat die film geskryf en vervaardig het saam met haar man, Paul Egan. Die uitvoerende vervaardiger, was Kim Williams wat in Februarie 2021 tragies oorlede is.

Verder is die prent ook gekies om deel te wees van verskeie ander internasionale rolprentfeeste, waaronder die Smile International-rolprentfees in Holland (waar dit eervolle vermelding ontvang het), Boden Internasionale-rolprentfees in Swede, Phoenix International Genre Festival in die VSA, Ysland-komediefees, die Calgary Internasionale-rolprentfees in Kanada en die Join the Craic – Comedy of the Mind-rolprentfees in Belfast.

“Dit is ’n voorreg om soveel internasionale erkenning te kry. Die fliek het verskeie toekennings gewen en ons kan nie wag om dit vir ons land se mense te wys nie,” voeg Paul by.

KAALGAT KAREL is die skreeusnaakse verhaal van Karel Venter (Jacobs), – ’n dertigjarige kaalnaeler wat die ongewensde aandag wat sy aksies by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus, Rita (Visser) wat hom red nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar daar is een probleem; sy is ’n ernstige en pligsgetroue enkelma wat geen belangstelling het in sy bedrywighede nie.

Buiten vir uitstaande kinematografie deur Bert Haitsma, ’n indrukwekkende klankbaan deur Loki Rothman, en ’n tong-in-die-kies-temalied deur Jack Parow – Altyd Op Vakansie – spog die fliek ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, waaronder Schalk Bezuidenhout, Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen en Eden Classens.

Plaaslike gehore kan hierdie lawwe komedie, met Engelse onderskrifte, in bioskope sien vanaf 24 September 2021. Dit word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die –Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started