Maritza Sangeres (Huldeblyk)

Wie sal ooit ons immer gewilde Maritza met haar, pragtige en sprankelende persoonlikheid kan vergeet asook haar TREFFER liedjie, KOEMADOE wat die Radio golwe behoorlik laat gons het?

Iemand wat gehore staande gehou het lied na lied en vir jare radio golwe oorheers het mat haar Nagtegal stem. Dit is natuurlik niemand anders as een van ons land se grootste Legendes, Maritza, wat haar verhoog naam is. (Brenda du Preez)

Maritza is gebore op 20 Desember 1958 in Oos-Londen en die res is so “lees lekker” geskryf dat ek dit woord vir woord net so oor gedra het vir ons lesers en luisteraars…. direk uit die pen van ons geliefde Maritza wat natuurlik ook vir jare weermag troepies se harte behoorlik gesteel het.

  • Deur – Dirk Janse van Rensburg (Stigter van MLI House of Music Directory)
Maritza Sangeres

BIOGRAFIE: (Uit die pen van Maritza self)

“My eerste hoofrol gespeel as Sprokie vir die opening van Grens Voorbereiding skool. Ek Onthou Ek moes 80 bladsye leer. Toe vergeet ek n sinnetjie en daar kon Ettienne Greeff nie as n kabouter op die verhoog verskyn nie. Hy het my in ons matriek jaar vertel dat hy het na al die jare my eers in matriek vergewe!

Eerste sang optrede was ek 9 jaar oud gewees. Ek moes gou in die oggend met n 5 stuk Orkes oefen om my sleutel te kry. Dit was by Buffalo Pass vakansie oord buite Oos Londen gewees.

Die middag roep hulle toe vir Brenda op en daar sing ek toe met n 5 stuk Orkes voor ń groot gehoor. Ek vergeet toe my tweede versie. Ek stop toe die Orkes, roep my Mams nader en vra haar wat die lirieke is. Sy fluister vir my en ek draai toe om en se. A one a two en eindig toe my liedjie… “The French song”  

Ek het as 13 jarige in n Orkes begin optree. Ons almal was jong kinders gewees met oom Ron (onderwyser en konsertina speler) in Ron’s Dance band. Op 10 my eerste talent Kompetisie gewen met “Daars niks soos ware liefde” Dit was vir my n groot belewenis gewees want Groep Twee het in die gehoor gesit.

Kyk, ek was super mal oor hulle twee gewees. Jare daarna baie saam met Sias Reyneke getoer. Die twee ongelooflike Legendes het so in my geglo dat hulle my aan Boet Pretorius voorgestel het maar hy het gesê ek is te jonk vir opnames. Dieselfde naweek het Gert my nog Fiestaland toe geneem.

Daar was Maria Lopez, die Superster vir die dag gewees. Sy roep my toe op en sê – “Here’s a mini me and I’m going to let her end the show with “Clap your hands and stamp your feet”

Daar kry ek toe my eerste standing ovation. Op 15 wen ek die Senior sang afdeling met “I will always love you” Ons het hom op n 6/8 ritme gedoen.

Op 16 neem ek my eerste enkel snit op “ Verlange” met Corrie Myburgh wat ook die vervaardiger was van my 1ste langspeler. Sy vrou, tannie Fay, het gestalte gegee aan my verhoog naam, Maritza en daar word Brenda oornag, Maritza. “Verlange” was so n groot treffer dat ek die Sarie toekenning as belowende Sangeres van die jaar gewen het.

Ek moes direk van n provinsiale netbal toernooi vlieg Johannesburg toe om 10 liedjies op te neem. Ek kan nie onthou hoeveel treffers ek op die album gehad het nie maar daar was n klomp nommer een treffers. Tien uit my 12 liedjies was opgeneem deur die SAUK as videos wat hulle tussen programme gespeel het. Vandaar is ek universiteit toe in Pretoria, het naweke opgetree en Vakansie tye huis toe gegaan.

Die volgende jare sing ek toe op die grens. Dit was 35 x 2 weke toere plus dan al die basisse in die land! Toer die land vol saam met Hansie Roodt en Bobby Angel! Dit was goeie tye gewees.

Ek sing toe ook in n ongelooflike briljante Orkes RIKSJA. Ons het so 3 keer n week geoefen. Dinsdae, Woensdae en Donderdae en by Zillertal opgetree en dan naweke orals in die land gigs gedoen!

Vandag het elke lid van die RIKSJA groep elkeen in hulle eie onderskeie beroepe in gegaan.

  • Peet Johnson het in die regte in gegaan
  • Robin het sy eie besigheid begin
  • Tony het n Musiek Onderwyser geword onder kontrak met die Noordkaap Kuns en Kultuur Raad. Dr in die Bediening en staan reg vir n aanstelling by die Universiteit van Washington in die VSA met betrekking tot Afrika en Europese sake
  • Ek, myself, Maritza het ook die besigheid wêreld betree as sakevrou en besit twee Kuns Galerye naamlik, Gallop Hill Galerye. Een is gestasioneer in die sprokies mooie Franschoek en die ander Gallery in die Oos Kaap, Plettenberg Baai.

Theo Erasmus het my toe geskakel en vir my gesê ek moet by hom Transkripsie opnames kom doen want hy wil nie he my stem moet “stil” raak nie. Dit is ook hoe Koemadoe ontstaan het. Ons was besig met opnames toe Theo vir my vra of ek nie n liedjie self wil skryf nie. Binne n rekord tyd van 15 min geskryf en sing ek toe Koemadoe vir die eerste keer. Daar neem ons hom toe somer op ook. Koemadoe, is my eie woord gemaak van die woord Kommando.

Die liedjie het omtrent orals op elke radiostasie gespeel en was op elke treffers parade van daai tyd gewees. Ek is toe weer terug na my tuisdorp.

Ria David koop toe Zillertal en ek vertel haar hoe ons in Buffalo Pass Sondae optredes gedoen het. Ons bespreek toe ons eerste vertoning. Vandaar begin die Sondagaand Country en talent kompetisies en vertonings met Clive Bruce aan die stuur. Ook beleef ons Country goue jare. Meeste mense ooit by vertoning was 43 000 gewees.

Nooit minder as 5000 by vertonings gehad nie. Treffers soos, Mama’s Hands, The French song, Midnite Blue, Seven lonely days ensovoorts. Almal het nommer een status bereik en in 1990 het Albie Venter my genader om n nuwe afrikaanse langspeler op te neem

Jy is n Ster vir my. Weer groot hoogtes bereik hiermee. Ek het op die kruin van my loopbaan besluit om te onttrek omdat my seun, Chris Luther, baie skool dae gemis het. Ek het hom nie vir een aand met iemand anders gelos nie. Vir my was hy die belangrikste mens in my lewe gewees. Ek is so dankbaar dat ek dit gedoen het. My kind het floreer en ons het vreeslik baie gedoen in sy 27 jaar.

Toe hy begin werk het, het ek besluit om weer te sing. Hierdie keer wou ek nie plate kontrakte teken nie. Ek wou my eie goedjies skep en sing. So, dis eintlik my stokperdjie. Het darem n paar nommer een liedjies gehad SA Country Top 10

  • What part of No (1)
  • How Blue (2)
  • Crying Time (1)
  • Before the next teardrop falls (1)
  • Happy birthday my darling (1)
  • Mom (2)
  • Daddy’s hands (1)
  • If teardrops were pennies. N Duet met Clive Bruce (1)

Bosveld stereo Top 20: Blou van onthou (1)

Melodie toekennings

  • Country Sangeres van die jaar 3 keer.
  • Kunstenaar van die jaar. 1 jaar
  • Word as Country Legende ingehuldig 2020
  • Ingehuldig in SA Legende Museum as SA Legende in 2019.
  • In 2013 / 2016 / 2018 / 2020 was jare wat ek Melodie, Sangeres van die jaar ontvang het.

Laaste paar jare het ek baie opgetree saam met Lance James en die Country Legendes. Het die Lance James bussie weer so geniet met ons almal saam! Ek skep deesdae baie liedjies en geniet dit ten volle.

  • Saam met Riksja
  • Jaag na wind
  • It’s a heartache
  • Sambok
  • Nooit weer nie
  • Buttercup
  • Love Affair
  • Dikker as Bloed saam met Ivan Pieters en Darryl de Lange
  • Duet gedoen saam met Pieter Mohr…”

Wat egter wonderlik is vir al Maritza se aanhangers is, is dat daar nog geen einde is aan Maritza en sy beplan geensins om binne die afsienbare toekoms dit rustig te vat.

“n Nuwe Country CD word ook beplan vir 2022 waaroor ek baie opgewonde is.”

Spesiale herinneringe vir Maritza (Koerant uitknipsels):

Verbindings na n paar van Maritza se TOP TREFFERS:

Neem kennis asseblief – Alle regte voorbehou aan onderskeie eienaars! Kopiereg vrywaring Kragtens Artikel 107 van die Kopiereg wet van 1976 word toelae gemaak vir “billike gebruik” vir doeleindes soos kritiek, kommentaar, nuus verslagdoening, onderrig, beurs en navorsing. Billike gebruik is ‘n gebruik wat toegelaat word deur kopiereg wetgewing wat andersins inbreuk kan maak. Nie-winsgewende, opvoedkundige of persoonlike gebruik wenke die balans ten gunste van billike gebruik.

Koemadoe – https://www.youtube.com/watch?v=13EewIWH_FI

n Bietjie Meer Tyd – https://www.youtube.com/watch?v=fpMdPPTnca4

Could I Have This Dance – Met Clive Bruce – https://www.youtube.com/watch?v=xFRqeGIBi5s

Stille Rivierstroom – https://www.youtube.com/watch?v=5SPrYu-CA68

Jy Is n Ster Vir My – https://www.youtube.com/watch?v=DEz5qThFsbc

Country Sweetheart – https://www.youtube.com/watch?v=eGO9bkRZNeo

Sing n Liedjie met my – https://www.youtube.com/watch?v=fYKjCi7Zd0w&t=58s

Medals for Mothers – https://www.youtube.com/watch?v=VYMq6UvU7Fg

Paternoster – https://www.youtube.com/watch?v=nL6nRW1DPjY

Leaving Me In Your Mind – https://www.youtube.com/watch?v=TPBfeqo71t0

En vele meer prag treffers is beskikbaar op alle digitale platforms

Vir besprekings/optredes, volg Maritza op die volgende SOSIALE MEDIA PLATFORMS:

3 thoughts on “Maritza Sangeres (Huldeblyk)”

  1. Maritza, jy is en bly my gunsteling sangeres en jou liefdevolle menswees en omgee sal my altyd bybly en na aan my hart wees. Nie omdat ek die voorreg gehad het om saam met jou aan my Projek te werk maar omdat jy altyd tyd maak vir jou luisterraars en elkeen met soveel teernis en respek beantwoord al is dit 2 of 3 uur in die oggend.

    My wens vir jou is dat jy nooit sal ophou droom en dat jy gesëen sal wees en bly vir al die dae van jou lewe.

    Like

    1. Ai Dirk hoe pik Ek nou n traan. Baie baie Dankie vir jou tyd liefde en omgee! Ek kan nie glo dat jy soveel moeite vir my gedoen het nie! Ek waardeer dit opreg! Baie baie dankie. Tonne blessings vir jou. En Ek bid jy word gou gesond hoor ❤️❤️❤️❤️

      Liked by 1 person

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started