Mack Rapapali & Christiaan Baartman – ‘N Vriend Soos Jy

Mack Rapapali & Christiaan Baartman span kragte saam

Gewilde platejoggie Mack Rapapali en die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman het hul kragte saamgesnoer en vir ons ‘n treffende enkelsnit gebring!

Musiek Video – https://www.youtube.com/watch?v=X33mtMbtJpY

Die twee manne het mekaar by ‘n onderhoud ontmoet en daarna weer by ‘n kuier raakgeloop. Hulle het dadelik oor die weg gekom en bevriend geraak.

LIEDJIE INLIGTING:
Lied:                  ‘n Vriend soos jy
Kunstenaars:     Mack Rapapali en Christiaan Baartman
Skrywer:           Christiaan Baartman
Uitgewer:          Baartman Productions

PERSVERKLARING:

Wie sou nou ooit kon droom dat die gewilde aanbieder & platejoggie, Mack Rapapapli en die talentvolle sanger, musikant en liedjieskrywer, Christiaan Baartman sou kragte saamsnoer en daarmee saam ‘n treffende enkelsnit getiteld, ‘N VRIEND SOOS JY vrystel!?  Wel, dit is presies wat nou gebeur en hier is dit nou!

Christiaan en Mack het by ‘n onderhoud ontmoet en hulle het dadelik baie goed oor die weg gekom. ‘n Kort ruk daarna het hulle mekaar weer raakgeloop by ‘n kuier saam met gemeenskaplike vriende.

“Ek het dadelik gesê hoe lekker dit vir my was om Mack se vriendin ook te ontmoet en hoe skaars ware vriende is. Net daar het ek die inspirasie vir die liedjie gekry en sommer die lirieke in die badkamer geskyf en die liedjie vir Mack gespeel. Ons het net daar besluit om die lied saam op te neem. Dit voel of ek vir Mack al jare ken – van sy werksetiek tot sy hart vir mense – als waarna ek ook streef,” voeg Christiaan by.

“Ek en Christiaan het ‘n baie sterk konneksie. Ons is soos Brannas en Coke,” skerts Mack. “Een van die snaakste ervarings was met die opname van die liedjie, moes ek met ‘n pennetjie op my neus sing. Vir ‘n minuut lank het ek soos ‘n Chipmunk geklink, maar dit het my baie gehelp om my ware stem uit te bring.”

Christiaan het self die lied geskryf en die klankversorging is deur Sean Manley behartig.

“Ons almal het daardie een mens/vriend in jou lewe wat jou van binne en buite ken, al jou sterk- en swakpunte. Die eerste persoon wat jy bel wanneer jy in die moeilikheid is en die eerste persoon wat jy bel om goeie nuus mee te deel. Dìt, is ‘N VRIEND SOOS JY, “ vertel Christiaan.

“Soms word ons vasgevang in toksiese vriendskappe, waar die een meer vat as wat hy gee. Vriendskappe waar beide partye werklik vir jou die beste gun, is skaars. Dis tyd om vals mense te laat gaan en om meer plek vir opregte mense in jou lewe te gee,” voeg Mack by.

Christiaan en Mack verseker luisteraars en aanhangers dat hierdie slegs die begin is vir hierdie twee goeie vriende en kameraadskap en dat daar nog baie in die pyplyn is.

‘N VRIEND SOOS JY  is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar. Laai dit hier af:

https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/n-vriend-soos-jy-feat-mack-rapapali

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

CHRISTIAAN BAARTMAN

Facebook:https://www.facebook.com/christiaankrit/  
Instagram:@christiaanbaartman

Met komplimente van Starburst Promotions

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started