Leon Gropp – Swerwer

Nuwe enkel snit vrystelling: 06/08/2021

Leon Gropp is bekend vir sy deel van CH2 se sukses, Ontbytsake aanbieder en hy het ‘n paar enkelsnitte uitgereik wat op baie stasies gehoor kan word.

Sy vorige enkelsnitte was baie mooi, maar ek het ‘n idee dat sy nuwe liedjie, Swerwer, vir hom grense gaan verskuif!

Die liedjie het ‘n magiese vashou op jou! Hy bou emosies op in jou wat jou gemoed lig en jou laat hunker vir meer! Die musiek praat hard, tot in jou siel met hierdie een!

Click op foto om na Leon se nuwe enkel snit te luister

Leon Gropp – Swerwer

In trotse samewerking en komplimente van Starbust Promotions

MEDIAVRYSTELLING6 AUGUSTUS 2021

LEON GROPP WYS HOEKOM HY SY PLEK IN DIE AFRIKAANSE MUSIEKMARK VERDIEN MET NUWE ENKELSNIT, SWERWER

Leon Gropp, is nie net ’n bekroonde kitaarspeler en talentvolle sanger nie, maar ook ’n bekende gesig op die kassie as een van die aanbieders van die kykNET-program, Ontbytsake.

Sy enkelsnit, SWERWER, is pas vrygestel en bewys net weereens hoekom hy sy plek in die Afrikaanse musiekmark verdien. Dit kom uit sy eie pen en is vervaardig deur Douvoordag se Jattie de Beer.

Die liedjie, wat verseker deur radiostasies opgeraap gaan word, gaan oor die kognitiewe dissonansie waarmee enige denker wroeg wanneer sy gekonfronteer word met teenstrydige idees en oortuigings in haarself. Die wêreld en gepaardgaande bestaan daarin, is ongelukkig nie so eenvoudig nie. Maar daar lê ook ’n groot stuk vryheid aan die anderkant van hierdie ontnugtering,” verduidelik Gropp oor die betekenis agter sy nuutste vrystelling. SWERWER is ’n ode aan alle soekers, twyfelaars, ontnugterdes, peinsendes en liefhebbers van die logika.”

SWERWER volg in die suksesvolle vrystelling van sy debuut-enkelsnit en –musiekvideo, Bakenlig, wat in 2018 uitgereik en baie goed ontvang is.

Leon is ’n gesinsman wat graag tyd saam met sy geliefdes deurbring. Hy is veral bekend as ’n voormalige lid van die kitaarduo, CH2, saam met wie hy ’n hele rits toekennings gewen het, waaronder Vonk-, SAMA- en Ghoema-toekennings vir Beste Instrumentale Album, en ook by die grootste feeste in die land opgetree het.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, skep hy graag visuele stories deur kreatiewe bemarkingsvideos vir klein/medium besighede te vervaardig

Hy het nog baie planne en drome vir die toekoms en sien uit daarna om dit met sy bewonderaars te deel.

SWERWER is nou beskikbaar op alle aanlynplatforms.

https://music.apple.com/za/album/swerwer-single/1576278687

https://open.spotify.com/track/5mjHoz4LwaIsavOimr71M0?si=15ypYI2vSzeKrP0UQjvDwA

Jy kan dit ook op sy webwerf kry: www.leongropp.com

Volg Leon op die volgende Sosiale Media platforms:

Twitter: @leongropp

Instagram: @leongropp

Lied:                  Swerwer

Kunstenaar:       Leon Gropp

Skrywer:              Leon Gropp

Uitgewer:            Redplanet Creative

http://starburstmusic.co.za/

One thought on “Leon Gropp – Swerwer”

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started