Henrico Coetzer – Die Lewe

Henrico Coetzer – DIE LEWE

Hier is so n kort voorsmakie van Henrico se splinternuwe enkel snit, Die Lewe, spesiaal vir ons lesers en luisteraars. https://fb.watch/v/2-HeHHAd0/

Henrico Coetzer is ‘n uiters talentvolle sanger wat meer onlangs bekendheid gewerf het vir sy prestasies in die Maak My Famous tv program.

Hy bou voort op sy vorige enkelsnitte se sukses met sy nuutste toevoeging, Die Lewe!

Hierdie strelende liedjie gaan beslis aanklank vind onder die luisteraars!

PERSVERKLARING:

DIE LEWE is die agt-en-twintigjarige Henrico Coetzer, talentvolle sanger van Pretoria, se vyfde enkelsnit en volg in die
voetspore van treffers soos Man Van God, Hoor My Woorde en Soos Reën.

Hierdie betekenisvolle popsnit is deur Angelique Lane geskryf en hy en Ettienne Lane het self die produksie daarvan
behartig en die publiek gaan verseker daarby aanklank vind omdit dit iets anders as die normale “Henrico” is.

“Die liedjie moedig luisteraars aan om iets positief in ’n negatiewe situasie te probeer raaksien. In die tyd waarin ons nou is het die land en ons mense iets nodig wat hulle opgewonde maak en moed gee,” verduidelik hy. “Ek was op ’n stadium in my loopbaan wat ek gesoek het na ’n lied wat positief is vir die mense daar buite. Iets so ’n bietjie anders as die gewone om te wys dat jy met die regte denke ’n negatief in ’n positief kan verander.”

’n Liriekvideo van hierdie besonderse snit, vanaf sy tweede album – Dis wie ek is…, sal ook eersdaags beskikbaar
wees.

Henrico het nog altyd geweet dat hy ’n musikant wil wees en liedjies soos DIE LEWE, wat sy fluweelstem soos ’n
handskoen pas, maak dit duidelik dat hy sy hart en siel in elke projek stort wat hy aanpak.

DIE LEWE is nou beskikbaar op sy album, Dis wie ek is… en op alle digitale platforms. Kry dit hier:

https://music.apple.com/za/album/die-lewe/1203286438?i=1203286498 

https://open.spotify.com/track/0VPIJV1wFA50yYAqm3APm6?si=IegXZJzNTSWyk2GZTakL0Q&dl_branch=1

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/HenricoCoetzerOfficial
Instagram: @henrico_coetzer_official
Twitter: @Henrico_Coetzer

In samewerking met Starburst Promosies

Design a site like this with WordPress.com
Get started