Vir so n kort voorsmakie van Henri se nuwe enkel snit, klik op sy foto onder:

Foto bo – Henri Alant
Persverklaring:
Die sukses van sy bekroonde duet treffer saam met die gewilde Jennifer Zamudio, “Daars ‘n Rede” in 2020, het beslis vir Henri Alant ‘n hupstoot gegee en hy is gereed om nog ‘n nuwe enkelsnit uit te reik, getiteld “Madelein”. Dit is Henri se vierdie uitreiking sedert Junie 2020. Sy mees onlangse uiteikings was “Jy is lig” en “Rose”. Laasgenoemde het hy vir sy Ma geskryf en het ook ‘n Nommer 1 posisie gekleë.
Die lirieke vir “Madelein” is uit Henri se eie pen en hy het die melodie gebruik van ‘n oorsese dans liedjie deur NIC.P. Henri volg die voorbeeld van Ray Dylan, wie se liedjie “Jessica”, ook op ‘n melodie van NIC.P gebasseer is.
“Madelein” is ‘n pop liedjie, met ‘n lekker vinnige ritme, wat beloof om jou na die dansvloer te lok. Dit is eg aan Henri se energieke styl en lus vir die lewe. Henri het die titel “Madelein” gekies omrede hy nog nooit ‘n Madelein ontmoet het, wat nie spontaan is of nie positief is nie. Hy glo meeste van ons ken so ‘n
“Madelein”.
“Ek vier ook graag kunstenaars wie my laat wil opstaan en harder probeer”, vertel Henri. “Ek hou daarvan om mense te sien kuier op my musiek maar dan is dit so spesiaal wanneer mense my kontak of epos of op sosiale media vir my sê my liedjies beteken iets vir hulle soos; “Rose” wat ek vir my Ma geskryf het waarin al sy ondersteuners aanklank gevind het”, vertel Alant verder.
Henri glo dat “Daar’s ‘n Rede” wat deur Rudi Claase geskryf is, en vir Henri gegee is vir sy 30ste verjaarsdag “het my voet in baie deure gekry “. “Dit sou nie dieselfde inpak gehad het, as Jennifer
Zamudio nie ingestem het om dit saam met my op te neem nie”. Die liedjie was letterlik ‘n weghol sukses en het ses Nommer 1 plekker behaal op trefferparades.
Alant glo dat mens moet lief wees vir wat jy doen en dit waardeur wanneer dit goed gaan met sukses en slegte tye, maar die belangrikste, jy moet altyd nederig bly.
Die slegte situasie wat die Covid pandemie veroorsaak het, het hom belis nie ondergekry nie. Hy het drie pragtige liedjies uitgereik in die tyd en “het lig probeer bring want dit was al wat ek as kunstenaar gehad het om te bied” erken hy.
Henri glo “die dag van more is nie verseker nie, en dis tyd om jou ou dans skoene af te stof en die dansvloer warm te hou saam met jou vriende, vriendskappe te vier en weer gesellig te wees saam met jou mense en die lewe voluit geniet (as Covid dit toelaat)”.
Titel: Madelein
Skrywer: Afrikaanse lirieke geskryf deur Henri Alant
Vervaardiger: Vincent Gordon Studios
Verspreding: NEXT MUSIC SOUTH AFRICA
Jy kan Rudi volg op die volgende sosiale media platforms:
Facebook: https://www.facebook.com/henri.alanttwee
