Geskryf deur – Ignaz Streicher

ONS LEGENDES – DIT IS MY STORIE DIE…
“Ons Legendes is uit. Dit het tyd geword om my storie hieroor met julle te deel. Ons Legendes is gebore die dag toe Lance James sterf 2 Maart 2020.
Ek het die voorreg gehad om met al hierdie mense groot te word op tv en op radio. Nooit sou ek kon droom daar sal ‘n dag kom wat ek hulle almal persoonlik sou ken. Saam toer. Saam kuier en deel in hulle lief en leed. Die voorreg is en was vir my groot.
Maar my hart het swaar geraak die dag toe Uncel Lance sterf, ek het al hierdie mooi woorde orals gesien, mense wat hulde bring en mense wat dankie skryf. Lance verdien dit, maar ek het besef, waarom wag ons tot hierdie mense dood is voor ons dit doen!?
Sally Vaughn was my Country Ma, agter die verhoog en op whatsapp. Ek was ongelooflik lief vir haar. En toe gaan sy dood. Net soos met Uncel Lance, was my hart flenters! Ma Sally is weg en die mense skryf en onthou en se dankie. Maar Ma Sally was nie hier om dit te sien nie.
By ‘n groot Country show se ek vir Maritza, ek het hierdie behoefte om iets te doen om nou vir die Legendes wat nog leef, dankie te se! Billy, Bobby, Jody Wayne, Barbara Ray en al daai mense wat vandag nog my harts familie is.
Wel twee dae later bel Maritza my en se, daar is ‘n lied geskryf ons moet en gaan dit saam opneem. Ek skrik my dood. Ek is geen sanger nie. Maar die lied is vir my gestuur met woorde en al en ek moes inval by ‘ n ateljee. Nou ja daar het ons n keer of wat opgeneem en ONS LEGENDES is gebore
Ek was uiters skepties, siende ek glad nie ‘ n sanger is nie maar toe besef ek ons kan saam die dankie se ‘n projek maak hiervan. En daar is besluit dat alle fondse wat hier ingesamel word net so geskenk sal word aan die Legendes, 19 van hulle wat se name in die song genoem word wat nog met ons is – sal baat. En so het dit nou gebeur.
Daar is ‘ n musiek video in die Kaap geskiet wat julle seker later sal sien.
Niemand wat aan ONS LEGENDES gewerk het word vergoed uit verkope nie. Die lied is beskikbaar en as jy hom aflaai word daai R9 net so geskenk vir die doel van hierdie lied. Ek wil julle vra om ons hande te vat en asb die song te koop op al die platvorms waar mens musiek kan koop . Hy is nou beskikbaar. Kry hom. So help ons ons Legendes wat wraggies swaar kry.
Ek gaan nie hulle stories vertel nie. Dit is nie my plek nie, maar ek weet wat agter die gordyne aan gaan.
Ons Legendes is hier. Hy is uit. Nou is die bal in Jan publiek se hande oor die toekoms van hierdie projek.
Deel gerus hierdie post, laai die song af, en help ons, om ons Legendes van Suid-Afrika te vereer wyl hulle dit nog kan beleef en ervaar terwyl hulle nog hier is, met ons.
Dit gaan nie hier oor die lied of wie hom sing en wie nie dit gaan oor elke Suid-Afrikaner wat hierdie lied koop wat die lewende Legendes so vereer.
Dit gaan nie oor my of Maritza nie – dit gaan oor die hart saak.
Die mense wat die musiekbedryf kom oop maak het kan nie vergete wees nie. Ons moet alles doen wat ons kan om hulle te onthou en op hierdie manier te vereer.
Dankie Manie Jackson wat gereeld moet in gepraat het as ek wou omdraai of wou weghardloop. Min Shaw vir die mooi woorde. En Christien De Klerk Murphy wat die bemarking hanteer. Die onderhoude reel.
Daar is soveel Radio stasie, weereens net Gemeenskaps stasies wat hierdie lied op hulle speellys geplaas het. Ek wens die groter stasie wil ons hande vat dat ons hierdie boodskap en projek daar buite kan kry. Dit gaan weereens nie oor ons nie maar oor wat hierdie projek moet doen… Maar dankie aan elke gemeenskap stasie wat nie twee keer gedink het nie
Geniet ONS LEGENDES – mag sy inhoud jou hart raak soos dit my en Maritza se harte geraak het toe ons hiermee begin het. Dankie aan ons ateljee wat ons op geneem het, die live kitare in gespeel het, die mense wat ons musiek video geskiet het en mense soos Boet Pretorius, wat raad gegee het as ons die produk gestuur het. Daar was groot name wat insae hier gehad het. Dankie almal.
Mag elke een op hierdie blad die lied gaan aflaai op die musiek aflaai platvorms dat ons daai verskil kan maak.
Dankie Maritza Sangeres dat jy my droom van ‘n verskil maak in die Legendes se lewens ‘ n werklikheid gemaak het. Ons het lekker saam gewerk.

Dankie Mara van der Bergh vir jou blessings hiermee, sy is die ystervrou agter die Legendes.
Ons gaan nie hiermee optree nie. Ons gaan nie toer nie. Maar die tafel is gedek vir die lied koop.
Geniet “ONS LEGENDES” ek deel hom vanaand vir die eerste keer hier met julle.
Kyk hom, geniet hom en deel hom asb.”

Hier is die URL Verbinding na alle DIGITALE Platforms waar julle hierdie lied vir n goeie doel kan aflaai (R9.00 is werklik niks)
Apple Music:https://music.apple.com/za/album/ons-legendes/1571755396…
Deezer:https://deezer.page.link/7cwnpuqGWg8DDtGTA
Spotify:https://open.spotify.com/track/3bhBy2c6W7SVGKmpPANKtl…


In samewerking met FM Stereo en Jancke en

