Klik op speel om na kort snitte van elke liedjie te luister – 17 Augustus 2021
“Irene-Louise van Wyk kraai nog steeds koning op hierdie week se Top-20 met “Tekkies brand”. Dit is haar tweede week in die eerste posisie.
Appel se “Dina” is steeds in die tweede plek. Appel het ook steeds die meeste enkel snitte op vandeesweek se treffersparade.
Steve Hofmeyr en Touch of Class maak vandeesweek hulle toetrede tot die Top-20 in die 20ste plek met die liedjie “‘n Pa se hart”. Kurt Darren is ook terug in die Top-20 met sy nuwe lidjie, “Blok Party”, in die 18de posisie.
In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vier wat onveranderd bly en twee liedjies wat die week se Top-20 betree.
Met vergunning en krediet aan “Maroela Media”

Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem:
Apple Music en Spotify-stromings, YouTube kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op die treffersparade nie.

